Tag Archives: Vrystaat

2 Julie 1988 – Motorbom ontplof na rugbywedstryd op Ellispark

Twee mans is dood en meer as 30 ander mense beseer toe ’n motorbom op 2 Julie 1988, (vandag 32 jaar gelede) ná ’n rugbywedstryd op die Ellispark-stadion in Johannesburg ontplof het. ’n Vlaag bomontploffings het in dié tyd plaasgevind. Die Ellispark-bom was die vierde binne slegs twee dae in Pretoria en Johannesburg. In ’n […]

19 Junie 1901 – Steyn stel Hertzog aan as generaal en hoofkommandant

Op 19 Junie 1901 stel die Vrystaatse president, M.T. Steyn, regter J.B.M. Hertzog aan as generaal en hoofkommandant van die suidwestelike distrikte van die Vrystaat. Hertzog en Jan Smuts, albei regsgeleerdes, het van alle Boereoffisiere in die Anglo-Boereoorlog oor die beste akademiese kwalifikasies beskik. Hoewel Hertzog geen militêre opleiding gehad het nie, voer die historikus […]

22 Mei 1893 – Standbeeld van Pres. Brand onthul

Op 22 Mei 1893 is die standbeeld van die voormalige Vrystaatse pres. J.H. (Jan) Brand (1823-1888) deur die toenmalige president, F.W. Reitz, in Maitlandstraat, Bloemfontein, onthul. Dié standbeeld, deur die Nederlandse beeldhouer Jan Willem Best, staan vandag steeds daar – voor die hedendaagse Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN). In die “Afrikaanse heldegalery” word […]

23 Februarie 1854 – Bloemfontein-konvensie geteken

Op 23 Februarie 1854 word die Bloemfontein-konvensie onderteken. Hiermee het die Oranje-Vrystaat amptelik tot stand gekom. Waarnemende president J.P. Hoffman het op dié dag gesê verklaar dat die Vrystaters met die geboorte van die republiek se onafhanklikheid ’n waardevolle geskenk ontvang het – een wat ander volke met strome bloed moes betaal, “ontvang ons deur […]

Boekbekendstelling – Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans

Ter herdenking van die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 nooi NALN en Kraal Uitgewers u hartlik uit na die bekendstelling van die taalhistorikus J.C. Steyn se jongste boek, Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans. Prof. Hennie van Coller, navorsingsgenoot van die Universiteit van die […]