Tag Archives: Wat praat jy! Afrikaanse idiome gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings

Spreekwoord van die week – 21 Desember 2020: Moenie ’n gegewe perd in die bek kyk nie

Moenie ’n gegewe perd in die bek kyk nie. Moenie ’n geskenk kritiseer nie. (Die ouderdom van ’n perd kan geskat word aan die toestand van sy tande en ’n geskenk behoort dus sonder nadere ondersoek aanvaar te word.) (Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)  

Spreekwoord van die week – 14 Desember 2020: Op vredesvoet verkeer

Op vredesvoet verkeer. Soos in vredestyd teenoor mekaar optree. (Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)  

Spreekwoord van die week – 7 Desember 2020: ’n Kinderhand is gou gevul

’n Kinderhand is gou gevul ’n Kind word maklik tevrede gestel – ook gesê van volwassenes wat nie hoë eise stel nie. (Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe; Wat praat jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings)

Spreekwoord van die week – 30 November 2020: Hy is loslyf

Hy is loslyf. Hy is baie vrolik; selfs bandeloos. (Bron: Wat praat jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings)