Tag Archives: Wat praat jy!

Spreekwoord van die week – 9 Augustus 2021: Die gefluisterde woord trek soms verder as die geskreeude

Die gefluisterde woord trek soms verder as die geskreeude Dit is nie nodig om nuus met ’n fanfare bekend te maak nie. Om dinge op ’n stil manier te doen, maak dikwels groter indruk. (BRON: Wat praat jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings)    

Spreekwoord van die week – 19 Julie 2021: Moenie die strydros onderskat nie

Moenie die strydros onderskat nie Wees versigtig vir die ou vegter (veteraan). (BRON: Wat praat jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings)        

Spreekwoord van die week – 18 Januarie 2021: Die sieke dra die gesonde

Die sieke dra die gesonde. Die minderbevoorregte help die bevoorregte/’n Swak persoon ondersteun ’n sterke. (Ontleen aan ’n dierefabel van Jakkals en Wolf. Jakkals gee voor dat hy geslaan is en oorreed Wolf – wat ellendig voel nadat hy amper doodgebyt is deur die honde – om hom op sy rug te dra.) (Bronne: Spreekwoorde […]

Spreekwoord van die week – 7 September 2020: Aan die voete van Gamáliël sit

Aan die voete van Gamáliël sit. Onder ’n erkende leermeester studeer. (Ontleen aan die Bybel. In Handelinge 5:34 word Gamáliël beskryf as ’n “leraar van die wet wat by die hele volk hoog in aansien was”. Hy was ook Paulus se leermeester.) (Bronne: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom; Wat praat jy! Afrikaanse idiome. gesegdes […]