Tag Archives: Weerbare Weemoed

Boekgesprek – Weerbare weemoed

Kraal Uitgewers nooi jou hartlik uit om in te skakel op ’n besonderse gesprek met twee digters op twee verskillende kontinente: Luuk Gruwez in België en prof. Hennie van Coller in Suid-Afrika. Gruwez en Van Coller is onderskeidelik die digter en vertaler van Weerbare weemoed: Vertalings van Luuk Gruwez se gedigte sedert 2008. Hierdie bundel […]

Boekgesprek – Weerbare weemoed: Vertalings van Luuk Gruwez se gedigte sedert 2008

Die Vrystaat Kunstefees bied vanaf 19 tot 22 April 2021 ’n Vlaamse Week aan waartydens bekende Suid-Afrikaanse en Vlaamse skrywers en digters gaan optree. Op Maandag 19 April om 17:30 gesels Luuk Gruwez en Hennie van Coller oor Weerbare weemoed. Hierdie regstreekse gesprek kan virtueel gevolg word op die Facebook-blad van die Vrystaat Kunstefees by […]

Aanhaling van die week – 15 Maart 2021 – Weerbare Weemoed

“As een van die belangrikste Vlaamse neoromantiese digters probeer Gruwez in sy werk ’n alternatief skep vir die onvolkome bestaan. Dit is die skoonheid van die taal wat hierdie gemis moet goedmaak. Daarom ook die titel van hierdie vertaling: die benutting van taal bring weerbaarheid; poësie is ‘die amulet teen die vuur’.” Hennie van Coller […]

Luuk Gruwez, die klankryke digter van Weerbare weemoed

Die digter Luuk Gruwez met Weerbare weemoed in die hand. Hennie van Coller het die gedigte uit Nederlands in Afrikaans vertaal. (Foto: Mieke Deferme)

Luuk Gruwez is ’n Belgiese skrywer en essayis, maar by uitstek een van die mees gebloemleesde digters op die gebied van die Nederlandse taal. Weerbare weemoed bevat ’n keur uit Gruwez se jongste bundels, Lagerwal (2008), Wijvenheide (2012), De eindelozen (2015) en Bakermat (2018). Die gedigte in Weerbare weemoed is deur Hennie van Coller in […]

Hennie van Coller – skepper van meesterlike vertalings

Hennie van Coller, die gerekende en bekroonde letterkundige, is ’n man van vele talente en belangstellings. Hy het jare se ondervinding as akademikus – eers aan die destydse Universiteit van Natal en toe aan die Universiteit van die Vrystaat, waar hy steeds uitstaande professor (emeritus) en navorsingsgenoot is. Hy is ook buitengewone professor aan die […]