Tag Archives: Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog

Die Slag van Belmont op 23 November 1899

(Uit: Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 deur Pieter de Jager, Kraal Uitgewers, bl. 20-21. Klik hier om dié boek te bestel.) Die Boerestellings by Belmont was in die rantjies wat weerskante feitlik parallel met die spoorlyn loop en deur ’n vlakte geskei was. Die rantjies is beset om die Boere se hoofinstelling op […]

6 November 1899 – Boere bestook beleërde Kimberley vir die eerste maal

Op 6 November 1899, vandag 121 jaar gelede, bestook die Boere die beleërde Kimberley vir die eerste maal tydens dié beleg. Die bomme het stiptelik om 18:00 begin neerval op die dorp. Winifred Heberden, die eggenote van ’n mediese dokter in Kimberley, het gedurende die beleg dagboek gehou van gebeure. Hierin skryf sy op 7 […]

15 September 1900 – Danie Theron herbegrawe op familieplaas op Elandsfontein

Op 15 September 1900, vandag 120 jaar gelede, word die liggaam van die verkenner Danie Theron gedurende die Anglo-Boereoorlog opgegrawe en in die geheim op die familieplaas op Elandsfontein herbegrawe. Theron is op 5 September 1900 by Gatsrand in ’n skermutseling doodgeskiet en eers daar in ’n vlak graf begrawe. Hy word in 1903 weer […]

11 Junie 1900 – Slag van Silkaatsnek vind plaas gedurende ABO

Op 11 Junie 1900, vandag 120 jaar gelede, het die Slag van Silkaatsnek gedurende die Anglo-Boereoorlog naby die teenswoordige Hartebeespoortdam in Noordwes plaasgevind. Dié prominente veldslag is een van vele wat tydens die Anglo-Boereoorlog in die Magaliesbergreeks plaasgevind het. Silkaatsnek is deur beide die Boere en die Britte van groot strategiese belang geag. Die Boeremagte, […]