Tag Archives: Winburg

22 Oktober 1847 – Leeu van die Wes-Transvaal gebore

Lees meer oor De la Rey se merkwaardige loopbaan en lewe in De la Rey: ’n Stryd vir vryheid. Dié koffietafelboek beslaan meer as 570 bladsye oor De la Rey se lewe en is saamgestel deur die historikus A.W.G. Raath. Dit is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen die spesiale prys van R240, slegs geldig op […]

8 Oktober 1841 – Volksraad in Pietermaritzburg keur stigting van Winburg goed

Op 8 Oktober 1841 keur die Volksraad in Pietermaritzburg die stigting van ’n dorp op Jacobus de Beer se plaas “Waaifontein” (ook geskryf “Waayfontein”) goed. Die Voortrekkerleier Hendrik Potgieter het reeds enkele jare tevore (in 1836) die gebied tussen die Vet- en Vaalrivier van hoofman Makwana van die Bataung aangekoop. Kort voor lank het nog […]

29 Augustus 1848 – Slag van Boomplaats

Op 29 Augustus 1848, vandag 172 jaar gelede, vind die Slag van Boomplaats (tussen Trompsburg, Jagersfontein en Edenburg) tussen die Voortrekkers (onder leiding van Andries Pretorius) en die Britse magte (onder leiding van sir Harry Smith) plaas. Dié slag volg ná die Britte se anneksasie van die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier en die […]