Tag Archives: Witwatersrand

Die dood van De la Rey 

Dit is vandeesweek reeds 106 jaar sedert die legendariese genl. J.H. (Koos) de la Rey in 1914 gesterf het. Hoewel hy meestal bekend is vir sy leeueaandeel in die Boererepublieke se stryd teen die Britse magte gedurende die Anglo-Boereoorlog, bly sy dood steeds ’n saak wat tot vandag toe mense se verbeelding aangryp. De la […]

Erfenismaandfokus – Gouddelwery amptelik aan die Witwatersrand toegelaat

Op 8 September 1886, vandag 134 jaar gelede, word gouddelwery amptelik aan die Witwatersrand toegelaat en duisende fortuinsoekers haas hulle daarheen in die hoop om ’n stukkie van Afrika se goud vir hulself te kry. Hoewel daar in die nagenoeg 30 jaar voor 1886 verskeie gouddraende klippe noord van die Witwatersrand gevind is, was die […]

13 Mei 1887 – Eerste kind in Johannesburg gebore

Op 13 Mei 1887, vandag 133 jaar gelede, word die eerste kind (Paulus Johannes Hartogh) in Johannesburg – toe nog bekend as Ferreiraskamp – gebore. Goud is die vorige jaar aan dit Witwatersrand ontdek en kort voor lank het verskeie kampe met fortuinsoekers tot stand gekom. Dié foto toon Ferreiraskamp in 1886.