Tag Archives: Woord van die week

Woord van die week – 13 Januarie 2018

pypkan (ww.), het gepypkan (t.o.v. rugby en verskeie ander balsporte) ’n Teenstander flous deur te systap of in ’n ander rigting te swenk as wat voorgegee is, of deur ‘n fopaangee te gee. Iets onaangenaams vermy of ontwyk: “Is daar geen manier waarop ’n mens daardie neerdrukkende skottelgoedwassery kan pypkan nie?” (uit R. de Villiers in Vrou […]

Woord van die week – 6 Januarie 2018

boomskraap (b.nw.) Byna leeg – “Die konfytblik is al boomskraap.” Byna op, feitlik gedaan – “Die kos is boomskraap.” So te sê sonder geld – “Ek is heeltemal boomskraap na so ‘n lang vakansie.” Swaar, moeilik – “Dit het boomskraap gegaan.” Samestelling van boom en skraap, na aanleiding van die laaste bietjie van iets, bv. […]

Woord van die week – 30 Desember 2017

spiekeries· (b.nw., geselstaal) • Deftig, spoggerig of windmakerig. “Sorg dat jy vanjaar ’n vol romp het as jy byderwets wil wees, en as dit geruit is en boonop geplooi is, is jy eers spiekeries (uit Beeld, 7 Januarie 1983, bl. 7). • Goed of agtermekaar. “As jy getrou jou huisverband betaal en nie ander skuldprobleme […]

Woord van die week – 23 Desember 2017

Kersfees (s.nw.) Fees op 25 Desember ter herdenking van Christus se geboorte. “Kers” in Kersfees kom uit Nederlands “Kerst” wat weer kom uit “Krist” of “Christ” (gespel soos die Engels) (vroeër uitgespreek met ’n harde k-klank wat ook die spelvorm met ’n k verklaar) wat vroeër in Nederlands algemeen was vir Christus, ’n Latynse woord. Die […]