komvandaan s.nw. (geselstaal) 1 Plek waar iemand gebore is of grootgeword het. 2 Iemand se (beroeps)agtergrond. (BRON: PharosAanlyn: Woordeboek van Afrikaans Vandag)
Tag Archives: Woord van die week
nostalgie s.nw. Heimwee; (terug)verlange Oorsprong: Grieks nostos terugkeer na tuiste + algos pyn (of ouer betekenis: pynlike tuiskoms) (BRON: HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe; PharosAanlyn)
onteiening s.nw. Ontneming (teen vergoeding) van eiendomsreg. (BRON: HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe)
variant s.nw. Organisme wat deur verskil in eienskappe sterk afwyk van die gemiddelde tipe. variantland s.nw. Land waarin ’n gevaarlike variant van ’n virus in omloop is. Oorsprong: Latyn variare verander (BRONNE: PharosAanlyn: Woordeboek vir die Gesondheidswetenskappe en Woordeboek van Afrikaans Vandag)
klandestien b.nw. en bw. Heimlik, verbode; iets wat in die geheim, dikwels onwettig of ongeoorloof, gedoen word (byvoorbeeld klandestiene verkoop van drank, diamante; ’n klandestiene ontmoeting met iemand). Oorsprong: Frans clandestin; Latyn clandestinus: geheim. (BRONNE: HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe; Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)