kleinood s.nw. (mv.: kleinode) 1 Klein, kosbare voorwerp; juweel. 2 (fig.) Iets wat van baie waarde is. Oorsprong: Kleinood is ’n Germaanse woord wat in die vroeë Middeleeue verlatyns is tot clenodium. Die ou Duitse agtervoegsel -ood (by klein) beteken “besitting”. Die woord beteken dus “iets sierlik/mooi as besitting (van iemand)”. (BRONNE: Handwoordeboek van die […]
Tag Archives: Woordeboek
taalskat s.nw. Al die woorde, gesegdes, ens. van ’n taal; woordeskat. (BRON: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe)
Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie. Wat is ’n tesourus? Ja, dit klink amper soos “dinosourus”, maar dit sal nie sommer uitsterf nie! tesourus (mv.: tesourusse) Woordeboek waarin woorde sistematies volgens begrippe of konsepte gegroepeer is, wat die gebruiker help met woordkeuses en alternatiewe segswyses. ’n […]