Tag Archives: wyn

22 Julie 1655 – Eerste wingerdstokke kom in Tafelbaai aan

22 Julie 1655 – vandag 365 jaar gelede – word die eerste tree in die Suid-Afrikaanse wynbou geneem toe die eerste wingerdstokke aan boord die seiljag Leeuwin in Tafelbaai aankom. Teen Augustus daardie jaar is die eerste muskadel-, fransdruif- en hanepoot-wingerdstokke in die kompanjiestuin aangeplant. In 1658 het Jan van Riebeeck 1 200 wingerdstokke op […]

Spreekwoord van die week – 1 Junie 2020

Wyn in die man, wysheid in die kan. As iemand dronk is, kan ’n mens nie wysheid by hom verwag nie. (Letterlik as die wyn in die man ingaan, dan gaan die wysheid uit en in die kan in, waar daar ruimte daarvoor gemaak is.) (Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)