Tien blitsfeite oor Pierneef

  1. Sy volle name is Jacobus Hendrik Pierneef.
  2. Hy is op 13 Augustus 1886 in Pretoria gebore en sterf op 4 Oktober 1957.
  3. Die meeste van die landskappe wat Pierneef geskilder het, beeld die Suid-Afrikaanse hoëveld uit.
  4. Pierneef het in 1902 sy eerste openbare uitstalling gehou in samewerking met Hugo Naudé en sy peetpa, Anton van Wouw. Hy het eers in 1913 sy eerste solo-uitstalling gehou.
  5. Pierneef het uiteenlopende beroepe gevolg totdat hy uiteindelik besluit het om ’n voltydse kunstenaar te word. As kunsstudent het hy in ʼn tabakwinkel gewerk. Vir nagenoeg 10 jaar, van 1912, het hy by die Staatsbiblioteek gewerk voordat hy in 1918 as ʼn kunsdosent aangestel is. Teen 1923 het hy egter voltyds as ʼn kunstenaar begin werk.
  6. Pierneef het in 1910 sy eerste skildery verkoop – dit was ʼn olieverfwerk.
  7. Pierneef is in 1929 opdrag gegee om 32 panele vir die Johannesburgse Stasie te skilder. Hy het hierdie projek in 1932 afgehandel.
  8. Pierneef het in 1933/34 sewe muurpanele vir Suid-Afrikahuis in Londen geskilder.
  9. Pierneef word vandag nog as een van die grootste Suid-Afrikaanse meesters beskou.
  10. Pierneef se skildery “Die Kremetartboom” is in September 2008 vir R11,8 miljoen by ʼn kunsveiling in Londen verkoop. Dit is ʼn rekordprys vir ʼn Suid-Afrikaanse kunstenaar.