Tien dae van erfenis – vier dit saam met Kraal Uitgewers!

Dit is die taal wat ons praat, die musiek waarna ons luister, ons land se natuurskoon, ons ryke geskiedenis – dié en talle ander erfgoed maak ons wie ons as Afrikaners is. Dit vorm ons identiteit en daarom vier Kraal Uitgewers van Vrydag 15 September tot Erfenisdag op Sondag 24 September tien dae van erfenis. Kom vier dit en gesels dag vir dag saam met ons, en staan die kans om opwindende pryse te wen! Word ’n Kraal Uitgewers-vriend op Facebook en neem so deel aan ons vieringe.

Kraal gaan op elkeen van dié tien dae ’n ander unieke element van ons erfenis en kultuur vier. Hieronder volg die volledige program met meer inligting:

  • Dag 1: 15 September
    Praat, kekkel, droom én gesels dat die spoeg spat in dié taal, jou taal – Afrikaans! Lees meer.
  • Dag 2: 16 September
    Lip- én watertandlekkerte oor die soet, die suur en die gebraai in ons kookkuns. Lees meer.
  • Dag 3: 17 September
    Verloor jouself in die woord- en digkuns van toentertyd tot nou, van Langenhoven tot Bibi Slippers. Lees meer.
  • Dag 4: 18 September
    Gaan grawe in die gryse verlede en (her)ontdek ons ryke geskiedenis. Lees meer.
  • Dag 5: 19 September
    Kom praat jou praat, maar moenie dat jou woorde opraak nie! Vandag vier ons Afrikaans en haar kleurvolle spreekwoorde. Lees meer.
  • Dag 6: 20 September
    Ons eiesoortige natuurskoon, die Groot Vyf, die Klein Vyf en vele meer is ons waardevolle natuurerfenis. Lees meer.
  • Dag 7: 21 September
    Die oorloë en slagvelde van die verlede vertel van ons voorouers se opofferings, moed en durf. Ontdek die historiese erfenis van ons monumente en slagvelde. Lees meer.
  • Dag 8: 22 September
    Die musiek wat ons laat sing, dans of neurie is in ons harte ingemessel as deel van ons musikale erfenis. Vandag besing ons dié skat! Lees meer.
  • Dag 9: 23 September
    Erfgoed vir die kleingoed – ons vier die erfporsie wat vir ons kinders beskikbaar is. Lees meer.
  • Dag 10: Erfenisdag 24 September
    Die keuses wat ons voorouers gemaak het, het grotendeels bygedra tot waar die Afrikaner vandag is. Hierdie historiese erfenis word vandag in perspektief geplaas. Lees meer.

 

 

 

 

 

One thought on “Tien dae van erfenis – vier dit saam met Kraal Uitgewers!

  1. Pingback: Vier tien dae van erfenis saam met Kraal Uitgewers! | Wêreldwyd

Comments are closed.

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!