Video: Verset & opbou boekbekendstelling

Ter herdenking van die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875, het die taalhistorikus, prof. Jaap Steyn, met prof. Hennie van Coller oor belangrike Afrikaanse taalaktiviste in gesprek getree.

Hier is vier video’s* van die gesprek wat deel vorm van die boekbekendstelling van Kraal Uitgewers se nuutse boek Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans by NALN.

*Die video’s is verfilm deur Chris van den Berg met opdrag van LitNet en  verkry via die LitNet Youtube kanaal. 

Verset & opbou is moontlik gemaak deur ʼn ruim finansiële bydrae van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.