Vier geskiedkundige plekke wat mens in Suid-Afrika net móét sien – Myndorpe

As jy die “geskiedkundige” hart van Suid-Afrika wil vóél klop en jou erfenis hierdie erfenismaand wil herontdek, is daar ’n paar plekke waarby jy minstens een keer moet afdraai. Ons stel jou oor die volgende paar weke aan dié erfenisbakens bekend. Kom reis saam!

2. Myndorpe (soos Cullinan en Kimberley)

Die rol wat mynbou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gespeel het, kan eenvoudig nie ontken word nie. Om ʼn prentjie te vorm van diamantstormlope en goudkoors wat die wêreld in die middel-1800’s beetgepak het, sal ’n besoek aan ou myndorpe soos Pelgrimsrus, Cullinan of Kimberley ’n besondere belewenis wees.