Vrystaat-brande: Skenk én kry met Kraal Uitgewers

’n R5 000-skenking kan sowat 30 beeste vir ’n week lank voed. Jý kan help.

Sowat 150 000 ha, of eenvoudiger gestel die grootte van nagenoeg 150 000 rugbyvelde, is gedurende Oktober 2020 weens brande in die Wes-Vrystaat verwoes. Die tragedie ken bykans geen perke nie – weiding is verwoes, infrastruktuur is vernietig, diere is verbrand. En hoewel onmiddellike hulp reeds na die gebiede gestroom het, gaan die behoefte aan onder meer dierevoeding nog lank ’n reuseuitdaging bied.

Jý kan wel help. Kraal Uitgewers samel, in samewerking met AfriForum, fondse in om verligting aan geaffekteerde boere te bring. Vir die eerste twintig skenkings van R5 000 wat aan AfriForum se Hertzogville-brandfonds gemaak word, skenk Kraal Uitgewers aan elke donateur een eksemplaar van die luukse koffietafelboek De la Rey: ’n Stryd vir vryheid (onder redaksie van Andries Raath). Deur hierdie skenking kan jy help dat boere weer kan opbou, herbou en aanhou. 

Hoe werk dit?
Maak jou donasie aan AfriForum. Gebruik die volgende besonderhede:

Bank: FNB
Rekeninghouer: AfriForum NPC
Takkode: 261550
Rekeningnommer: 6234 9898 398
SWIFT-kode: FIRNZAJJ
Verwysing: Veldbrand

Stuur jou bewys van betaling na kraal@kraaluitgewers.co.za en volledige kontakbesonderhede om jou eksemplaar op te eis.

Let wel: Slegs die eerste twintig skenkings van R5 000 (of meer) sal boeke ontvang.