Wolraad, Japie en vele meer

Die spreekwoord sê nie verniet “feit is dikwels vreemder as fiksie” nie. Die Suid-Afrikaanse verlede het dit ook al telkens bewys. Dink maar aan die heldedaad van Wolraad Woltemade en die wyse waarop hy en sy perd vreesloos die donker, woeste see ingejaag het om drenkelinge te red. Of die koppige moed van die jong Japie Greyling wat ten spyte van doodsdreigemente weier om sy pa en sy kommando se bewegings aan die Britte te verklap. In Volkshelde en -heldinne van Suid-Afrika, 1773-1899 word hierdie twee en nog ses ander bekende (en selfs minder bekende) volks- en heldeverhale herontdek. Dié boek (saamgestel deur Gerhard Cilliers) is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R150. Klik hier vir meer inligting of om die boek te bestel.