Woord van die dag – 14 Februarie 2020

hartlam s.nw.
Liefling of skat. (Liefkosingsterm)

Samestelling van hart en lam, so genoem omdat die persoon iemand so na aan die hart lê soos ‘n klein, weerlose lammetjie.

(Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)