Woord van die week – 1 Maart 2021: Mengels

Mengels s.nw. [geen meervoud](informeel, skertsend)

Vermenging van twee of meer tale, veral met Engels daarby.
“My pa is Afrikaans en my ma Engels, so ek praat Mengels.”
(Tarryn Lamb, Kuier, 5 Augustus 2019)

(BRONNE: Woordeboek van Afrikaans Vandag; PharosAanlyn)