babelas (Ook soms babalaas, babbelas en babelaas)
- nw. Naar, siek gevoel met swaar hoofpyn nadat ’n mens te veel gedrink het; sin. haarpyn (verouderd), kater (verouderd): “Baie mense, moes al met die gevolge van ’n babelas saamleef. Die dikkop-, droëmond-gevoel ná ’n aandjie uit, is natuurlik ook iets wat met die ouderdom ál erger raak” (uit Volksblad, 26 Januarie 2013, elektroniese koerant).
- nw. Naar, siek en kopseer deur die oormatige gebruik van drank: Hy is babelas. Babelas is in Afrikaans herontleen aan Zulu “ibabalazi” uit Afrikaans “bibberasie”. “Een van die gevolge van oormatige drankgebruik.” In 1940 in Afrikaans opgeteken.