Woord van die week – 13 Januarie 2018

pypkan (ww.), het gepypkan (t.o.v. rugby en verskeie ander balsporte)

  • ’n Teenstander flous deur te systap of in ’n ander rigting te swenk as wat voorgegee is, of deur ‘n fopaangee te gee.
  • Iets onaangenaams vermy of ontwyk: “Is daar geen manier waarop ’n mens daardie neerdrukkende skottelgoedwassery kan pypkan nie?” (uit R. de Villiers in Vrou 2, s.j., bl. 165).

Uit Ndl. pijpkannen “uit ’n pypkan (drinkbottel) drink”. Die baba word dus “bedrieg” met die pypkan in plaas daarvan om dit aan die moeder te laat drink.