versoening s.nw.
Die proses waardeur vrede tussen opponente bewerkstellig word, deur direkte onderhandeling of deur bemiddeling van ‘n tussenganger.
Beslegting; detente; rekonsiliasie; skikking; toenadering; vergewing; vredemaking.
Ook: Heilsweldaad van herstelde vrede tussen God en sondaar deur die soendood van Christus.
(Bronne: PharosAanlyn; Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe)