Woord van die week – 14 Maart 2017

kief b.nw. (sleng, veral skooltaal)
Goed, aangenaam, lekker, of wonderlik, fantasties.
Uit S.A.Eng. kif uit Eng. sleng van die boewewêreld kif, kef ‘dagga’ uit Eng. (in Marokko en Algerië) kief, keef ‘dagga of enigiets anders wat gerook word om ‘n toestand van euforie te bewerkstellig’ uit Arabies kaif (streektaal kef) ‘toestand van ‘n goeie humeur te hê, welsyn, plesier’.

afbene b.nw. (geselstaal) platsak: Fliek is uit vir my, want ek is afbene.

(Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal)