Woord van die week – 14 Maart 2018

spierwit  b.nw.

  • spier is afkomstig van Middelnederlands “spier” wat beteken “wit vleis, veral die borsvleis, van pluimvee”. Dit word selde in geselstaal gebruik as “spierewit”.
  • Betekenis: Baie, heeltemal of helder wit: ’n Spierwit blom, duif, perd, trourok. Spierwit kapok, kneukels, linne, sand, sneeu, wolke.
  • “Kleintyd het ek spierwit hare gehad en was maar ’n blekerige dogtertjie” (uit Oggendblad, 17 Mei 1979, bl. 6).
  • “Die bed was altyd keurig opgemaak met spierwit bo- en onderlakens, ’n gehekelde deken en groot kussings met gehekelde valle” (A. Blignault, in Granaat, 1970, bl. 31).