Woord van die week – 14 November 2017

pypkan  ww., het gepypkan.   (t.o.v. rugby en verskeie ander balsporte)

  • ’n Teenstander flous deur te systap of in ’n ander rigting te swenk as wat voorgegee is, of deur ’n fopaangee te gee.
  • “Die losskakel het drie, vier man mooi gepypkan en na Uys laat loop wat soos ‘n vlakhaas oopgelê het doellyn toe” (uit Volksblad, 9 Julie 1968, bl. 18).
  • “Sy het tot vier Suid-Afrikaners met goeie voet- en stokwerk gepypkan voordat sy die bal in die doelhok weggebêre het” (Beeld, 28 November 2002, bl. 36).
  • Uit Ndl. pijpkannen wat beteken “uit ’n pypkan, ’n drinkbottel vir babas, drink”. Hieruit kom die figuurlike betekenis van bedrieg, eintlik “’n baba die pypkan gee in plaas daarvan om die baba aan die moeder te laat drink”.
  • Eng. dummy.