Woord van die week – 16 November 2020: wangbesem

wangbesem s.nw.

(skertsend) Baard op ’n wang.

Samestelling van “wang” en “besem”; so genoem omdat die hare van die baard aan die vesels of hare van ’n besem herinner.

(Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)