Woord van die week – 17 Mei 2017

 

slentersjiek b.nw. (ten opsigte van kleredrag) Informeel, maar tog netjies en deftig genoeg vir ‘n partytjie of ‘n relatief ontspanne werksomgewing: Slentersjiek skoene in warm bruine en suede. Rond dit af met ’n trilby-hoed en lugmagsonbril

(Bron: Huisgenoot, 29 September 2011,bylae, 32)

slenterdrag s.nw. Drag wat gewoonlik gemaklik en informeel is en hoofsaaklik gedra word wanneer daar ontspan word; sin. ontspanningsdrag (minder gebruiklik): Chris trek sy kreukelvrye lang broek, sy oopnekhemp en seilskoene aan – die naaste aan slenterdrag wat hy homself toelaat

(Bron: A.M. Louw: Perdepoort, 1975, 132).