Woord van die week – 18 Oktober 2017

kokhals, ww., gekokhals; byv. kokhalsend, kokhalsende

  • Braakbewegings maak, of sukkel om te vomeer: “Soms word die bopunt van die maag gesluit, en dan vind vomeerbewegings plaas sonder dat iets opgebring word; dit word kokhals genoem en gaan altyd met mislikheid gepaard” (in M. Fishbein se Dokter, 1962, bl. 288).
  • Ook selfstandig gebruik: “Nog ’n skots, ’n dubbelskots! / dan die gekokhals en gekots / en die roerlose dieprus van die roes” (in D.J. Opperman se Kuns-mis, 1964, bl. 35).
  • Uit Nederlands kokhalzen: klanknabootsend gevorm met die betekenis “om die geluid ‘kok’ te maak in die keel (hals)”.