skaakspel s.nw.
1 ’n pot skaak: spel vir twee spelers wat volgens bepaalde reëls elk 16 stukke op ’n bord met 64 blokke rondskuif om mekaar se koning (die belangrikste stuk) te probeer vaskeer
2 (fig.) ingewikkelde stryd wat fyn oorleg verg: ’n politieke skaakspel.
(BRON: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 6de uitgawe)