Woord van die week – 20 April 2020

mombakkies s.nw.

  1. Masker in die vorm van ‘n snaakse of skrikwekkende gesig.
  2. Gesigsuitdrukking, optrede of houding wat ware emosie verberg.

Oorsprong: Nederlands: mombakkes (1649 in bet. 1, 1697 in bet. 2), ‘n samestelling van mom “masker, gemaskerde” en bakkes “gesig”.

(Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)