Woord van die week – 22 Augustus 2017

melkpadda s.nw.

Enigeen ’n paar soorte skurwepaddas (van die familie Bufonidae) wat ’n giftige, melkerige vog afskei wanneer hulle bedreig word: “Die melkpadda kan ’n melkagtige en vergiftigde vog afskei as hy aangeval word. Hierdie wapen het meer as een padda se lewe al gered” (uit J.J. Krüger, Veldworstelaars, 1950, bl. 107).

slinger-om-die-smoel s.nw. (geselstaal; skertsend)

Melksnysels: “Word jy slinger-om-die-smoel belowe, kry jy heerlike deegsnysels in melk gekook vir aandete” (uit Burger, 3 September 2002, bl. 7).