Woord van die week – 22 September 2017

• slytig b.nw., slytige; slytiger, slytigste. (geselstaal; verouderd)

o Wat nie sorgsaam is teenoor klerasie nie, en wat dit wat gedra word, vinnig laat slyt: Jong seuns is gewoonlik slytig op skoeisel. “Die kinders is darem ook so slytig. As die ma nie haar hand aan hulle klere hou nie, dan loop hulle in toiings” (A.H. Jonker, uit Plaasverdeling, 1932, bl. 206).

o Beproewend of uitputtend: “Ons huis is vinnig besig om in ‘n broeikas te verander. Alewig is daar potplante wat ingebring moet word totdat elke hoek en draai vol plante staan. Dis alles baie slytig op ‘n huisvrou se senuwees” (Huisgenoot, 31 Julie 1959, bl. 59).