onderonsie s.nw.
1 Huislike fees van naasverwante
2 Intieme geselsie van ’n groepie belanghebbendes
3 Geheime, kliekerige gekonkel
4 Berispende teregwysing, struweling, onenigheid, wedywering
Uit Nederlands onderonsje, ’n samestellende afleiding met -je van onder en ons (betekenis 1, 2), waarskynlik na aanleiding van die kleinheid of intimiteit van die groepie.
Betekenis 4 het in Afrikaans self ontwikkel, waarskynlik so genoem omdat so iets onaangenaam of verbode is en dikwels nie daaroor gepraat word nie.
(Bronne: PharosAanlyn; Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)