Woord van die week – 24 Februarie 2020

skrikkeljaar
s.nw. Jaar met 366 dae; elke vierde jaar wat met een dag verleng word om die kalenderjaar so gelyk as moontlik aan die astronomiese jaar te hou.

Uit Ndl. schrikkeljaar (Mnl. scrickeljaer), ‘n samestelling van schrikke(le)n (1672) “oorslaan” en jaar (Mnl. jaer).

(Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement; Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe)