Woord van die week – 24 Mei 2021: Kwispedoor

kwispedoor s.nw. (ook soms kispedoor en kuspidoor)

Spoegbakkie wat vroeër gebruik is deur persone wat gepruim het.
Uit Nederlands kwispedoor, maar oorspronklik uit Portugees cuspidor wat verband hou met Latyn conspuere: spoeg op; bedek met spoeg.

(BRON: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)