Woord van die week – 26 Junie 2017

sloerie s.nw., sloeries (geselstaal)

1. Slordige persoon, dikwels ’n vrou:

• “Die voormalige Kiwi-kolwer het in sy ope brief aan die Suid-Afrikaanse kaptein, A.B. de Villiers, gesê hy lyk soos ‘n sloerie met sy stoppelbaard.” (Volksblad, 28 Februarie 2015, 23).

• “Jy … moet altyd netjies en keurig aangetrek wees – nie soos ’n sloerie in ’n kamerjas aan tafel verskyn nie.” (Boerdery S.A., Junie 1970, 60).

2. Verleidelike, wulpse, dikwels losbandige vrou:

• “Die rolle wat ons speel – van die soet seun, die sletterige sloerie of die dienswillige Marta – is dikwels noodsaaklike hulpmiddele.” (Volksblad, 20 Augustus 2013, 6).

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!