Woord van die week – 26 Oktober 2020: Voorbrand

voorbrand s.nw., ww.

1. Strook land wat in die pad van ’n naderende veldbrand opsetlik kaal gebrand word om te keer dat die vuur verder as dit           versprei, of so ’n strook land maak m.b.v. ’n brand.

2. Voorsorgmaatreëls of dade om iemand gunstig te stem vir ’n versoek.

Betekenis 1 as s.nw.: uit Nederlands voorbrand “vorige brand”.
Betekenis 1 as ww. en betekenis 2 as s.nw.: uit Afrikaans self ontwikkel.

(Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)