pilaarbyter s.nw., pilaarbyters; pilaarbytertjie. (geselstaal; skertsend) Huigelaar: Ek is nie een van die ou preutse pilaarbyters wat sommerso sal kom sanik oor wat behoorlik en wat nie behoorlik is nie (W.A. de Klerk: La Roche, s.j., 48).
opligter s.nw., opligters. Bedrieër: Bonnot, die berugte opligter en rower, is doodgeskiet in die huis waarin hij en sij maat hulle verdedig het (Brandwag, 1 Jun. 1912, 15). Psigopate, duimryers, en opligters wag vir die “suckers” op pad na die Kaap (E. Leroux: Hymie, 1982, 120).
(Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal)