Woord van die week – 29 Augustus 2017

Bekoms: (verouderd)

  • Trommeldik, meer as versadig: “Hy het hom bekoms geëet.”

Druiloor: nw. (verouderd)

  • Persoon wat weinig inisiatief besit, wat dooierig, suf, lusteloos is: “Weet julle wat liefde is? Het julle al ooit ’n meisie liefgehad, jul druilore” (Nico Hofmeyr).
  • Persoon wat dom is: “Wim, wat geen druiloor is nie, het verbasend gou die taal leer praat” (F.J. Eybers). “Net ’n druiloor kan glo dat hierdie beweging ’n kultuurbeweging is.”