Woord van die week – 29 Maart 2018

penswinkel s.nw., penswinkels; penswinkeltjie (dikwels as verkleinwoord). (geselstaal; skertsend)

  • Skinkbord of plat bak waarin koopware rondgedra kan word en wat met ’n band om die nek of oor die skouer van ’n verkoper pas sodat die skinkbord of bak op die maag rus.
  • “Die venter met ’n penswinkel met allerlei rookgoed en versnaperinge het ’n deuntjie gesingpraat om sy ware te adverteer” (Uit Transvaler, 28 September 1951, bl. 7).
  • “Verkopers klim op stasies met hul mandjies en penswinkels op en verkoop hul blou pakke beskuitjies” (Uit Sempre deur A.P. Brink, 1963, bl. 101).