Woord van die Week – 3 Augustus 2017

slootjiepens s.nw. (geselstaal) Ook soms slootjiespens. Dit verwys na pitkoffie.

  • Hy vra of ons koffie wil drink. Hy sê: “Wil jy slootjiepens of nylon hê?” Die koffiepit het ’n slootjie. Nylon is kitskoffie (Transvaler, 10 Oktober 1981, 6).
  • “Slootjiepens,” herhaal hy, en toe hy sien ek verstaan nie, “pittekoffie. En regte oondbrood” (G. Weideman: Draaijakkals, 1999, 118).

’n sloot eet, lieg, ens. idiomatiese uitdrukking. Baie erg of behoorlik.

  • Jy kan hom nie glo nie; hy lieg ’n sloot.
  • As my kop die kussing raak, slaap ek ’n sloot.
  • Sy was honger en het ’n sloot geëet.