Woord van die week – 31 Julie 2018 

skaai ww.

  • het geskaai. (geselstaal)
  • Ook, geselstaal en verouderd, skai. (<Nederlands “scaden” wat beteken skade berokken).
  • Steel of gaps: “’n Mens vergeet net weer jou reënjas by die skool, en dan skaai Simontjie Kapot dit as hy skool skoonmaak” (uit A. Blignault in Sarie, 24 April 1968, bl. 35).
  • “Ons steel vrugte by die buurman / Wat (vermoed ek) goed kan raai / Dat die kinders in sy donker tuin / sy appelkose skaai” (uit C. de Villiers in Burger, 28 Junie 2008, By, bl. 11).
  • “Eendag het hy ’n pennie uit die Sondagskool se kollektebordjie geskaai, en sy pa het hom daarvoor behóórlik gelooi” (uit Huisgenoot, 10 Desember 1976, bl. 26).