Woord van die week – 4 September 2017

 slungel [slun-gel] s.nw., slungels

Manspersoon wat besonder lank, maer en onbeholpe of ongemaklik is, en wat dikwels slordig en onversorg lyk.

  • “’n Slap slungel van ’n man het kom oopmaak toe ek klop: die ene tandeloosheid en hare” (A.P. Brink: Parys, Parys, 1969, bl. 157).
  • “’n Bleek slungel van ‘n verkoopsventjie keer Thomas voor en plak ’n modieuse lapding op die toonbank neer” (J. Rabie: Ark, 1977, bl. 43).

Uit Nederlands slungel (1785); Duits Schlingel (15de eeu).