virtueel b.nw.
- Wat ‘n voorstelling van die werklikheid betref.
- (rekenaarwetenskap) Wat betref of verband hou met ‘n werklikheidsillusie wat met beeld en klank deur spesiale ware geskep is vir ‘n rekenaargebruiker.
In betekenis 1 uit Nederlands virtueel (1886).
In betekenis 2 uit Engels virtual (1959).
Nederlands virtueel via Frans virtuel en Middeleeuse Latyn virtualis “feitlik, eintlik” uit Latyn virtus “(manne)moed, voortreflikheid, deug”, ‘n afleiding van vir “man”.
(Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)