Woord van die week – 6 Januarie 2018

boomskraap (b.nw.)

  • Byna leeg – “Die konfytblik is al boomskraap.”
  • Byna op, feitlik gedaan – “Die kos is boomskraap.”
  • So te sê sonder geld – “Ek is heeltemal boomskraap na so ‘n lang vakansie.”
  • Swaar, moeilik – “Dit het boomskraap gegaan.”

Samestelling van boom en skraap, na aanleiding van die laaste bietjie van iets, bv. kos, wat uit ’n houer se boom geskraap word. Eerste optekening in Afrikaans by Mansvelt (1884) in die afleiding boomskraapsel.

Let asseblief dat bestellings via die SA Poskantoor gestuur tans vertraag word as gevolg van 'n staking Dismiss