Woord van die week – 6 Junie 2017

slier (ongewoon)

i. ww., het geslier. Slepend, glyend of slingerend beweeg: Haar rok slier oor die vloer. ≈ Paddas sug diep in hulle waterpoele; paddavissies slier oor die modderige oppervlak (Dolf van Niekerk, Gannavlei, s.j., bl. 142)

ii. s.nw., sliere. Lang, skraal persoon: Jy kan nie vir Piet miskyk in ’n skare mense nie, want hy is ’n regte slier.

iii. b.nw. Skraal en seningrig of benerig: Die seun, perd, vee is slier.