Woord van die week – 7 Maart 2018

Vandeesweek kyk ons na enkele spreekwoorde wat die woord “grond” bevat en die betekenis daarvan:

  • Die grond brand onder sy voete
    • Hy voel ontuis, is nie op sy gemak nie, hy wil weg.
  • Op droë grond val
    • ’n Vermaning of iemand se sarkasme het geen uitwerking nie.
  • Op droë grond visvang
    • Vrugtelose pogings aanwend om ’n geheim te wete te kom.
  • Grond eet of vreet
    • Val
  • Die grond is te koud vir hom
    • Gesê wanneer iemand ’n buitengewone mate van respek of aandag geniet.