nooiensborsie s.nw. (geselstaal)
- Klein peervariëteit wat rond is aan die onderkant en opvallend spits na bo loop en vroeër veral in huistuine gekweek is: “Die klein nooiensborsie was so ‘n lekker outydse peertjie” (R. v. Reenen in Die Burger, 19 Februarie 1963, 2).
nooiensperske s.nw.
- Soort laat taaipitperske met wit vleis en ’n rooi wang wat op beperkte skaal in somerreënvalgebiede, veral in die Oos-Vrystaat verbou word: “Sy’t ’n blonde krullebol gehad en wange soos dié van ’n nooiensperske (T. v.d. Heever in Skoppensboer, 1948, 92).