hartedief s.nw.
Iemand wat die liefde van ’n ander persoon gewen het; liefling, skat.
Uit Nederlands: hartendief (1869), so genoem omdat die persoon as’t ware as ’n dief opgetree het deur die hart van iemand te steel. Eerste optekening in Afrikaans in Patriotwoordeboek (1902): hartediif.
(Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement; Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe)