Word stil met 60 treffende vertellings

word-stil-met-60-treffende-vertellingsIn die boek stilWo(o)rd sal die diep persoonlike reis van ’n ma wat vertel van haar eie kinders se grootword, teleurstellings, geluk en hartseer jou tref met die besef dat die liefde van ’n moeder geen perke ken nie.Marietha Malan skryf reeds die afgelope twaalf jaar ’n geestelike rubriek vir die Solidariteit Tydskrif. In dié meer as ’n dekade se vertellings kom die spesiale en selfs skynbaar nietige ervarings van ’n gesin se mees intieme oomblikke na vore – en elkeen getuig van die manier waarop God se hand in hul lewe sigbaar is.

stilWo(o)rd sal jou tot stilte dwing en jou jou eie lewe se hoogte- en laagtepunte weer in oënskou laat neem. Die boek bevat ’n keur van 60 van Malan se mees geliefde rubrieke en sluit ook ’n treffende CD met die voorlesing van alle rubrieke in – ideale inspirerende luisterstof vir taai vroegoggendverkeer of luilekker langpadvakansies. Klik hier om na ʼn voorlesing van een van dié rubrieke te luister.

stilWo(o)rd is beskikbaar deur Kraal Uitgewers teen R120 (CD ingesluit; R20-posgeld uitgesluit). Vir meer inligting of om ’n bestelling te plaas, klik hier of kontak die uitgewer direk by 012 644 4329 of stuur ’n e-pos na kraal@solidariteit.co.za.